P&L Smitsdorff Familie Trust, wat handel as RSA Beleggings & Versekeringsmakelaars, is in 1987 gevestig en bied landwyd advies, beplannings oplossings en dienste in die volgende areas van belegging:

  • Aftredebeplanning (voor aftrede, met aftrede en daarna)
  • Beleggingsbeplanning
  • Boedelbeplanning

 
Area van spesialisasie: Beleggingsbeplanning met aftrede

Missie

RSA Makelaars onderneem om ons kliënte se verwagtinge met uitsonderlike diens, professionele advies en deurlopende ondersteuning te oortref.

As volkome onafhanklike finansiële beplanners het ons toegang tot alle groot finansiële instellings in Suid-Afrika met inbegrip van banke, effektetrusts, aandele-beurs en versekeraars, eiendomsbeleggings eiendomssindikate en behouering, asook internasionale beleggings.

Gevolglik kan ons 'n objektiewe mening uitspreek oor die verskillende beleggingsopsies tot u beskikking.